Harry en Meghan glo na Koning Charles se kroning uitgenooi

Brittanje se prins Harry en sy vrou Meghan het ‘n uitnodiging na sy pa, Koning Charles, se kroningsplegtigheid ontvang, maar sal nog nie in die openbaar bevestig of hulle dit gaan bywoon nie, het ‘n woordvoerder van Harry gesê. Voorbereidings vir die geleentheid in Mei is oorskadu deur die egpaar se verdoemende onthullings oor die koning, Harry se ouer broer prins William en ander koninklikes in sy onlangse memoires, ‘n Netflix-dokumentêr en ‘n reeks TV-onderhoude.