Namibiese rob-bevolking onder die loep

Die debat oor of die rob-bevolking langs die Namibiese kus te groot is en dus ‘n bedreiging vir Namibië se visserysektor inhou, bly aktueel en relevant. Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein sê dit moet egter gebalanseerd en gebaseer op wetenskaplike feite wees. Hy sê die aanname dat robbe slegs op kommersiële visspesies voed, is verkeerd. Dit volg ná die minister van visserye, Derek Klazen, in die Nasionale Vergadering sy kommer uitgespreek het oor die aantal vis wat robbe per jaar eet en dit as “onaanvaarbaar” bestempel. Die mariene bioloog van Ocean Conservation Namibia gee sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus.