Shangula: Namibiese gesondheidsdienste moet almal bereik

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, sê daar is ‘n dringende behoefte om gesondheidsdienste uit te brei sodat alle Namibiërs toegang kan kry tot staatsgesondheidsgeriewe. Die ministerie se 2023-bestuurs-ontwikkelingsforum vind tot Woensdag in die hoofstad plaasvind. Shangula sê dit is van kritieke belang dat die ministerie verseker dat die infrastruktuur, geriewe en toerusting te alle tye goed onderhou en herstel word, om te voorsien in die behoeftes van alle Namibiërs in elke uithoek van die land. Hy sê kliniese voorrade en medikasie moet beskikbaar gestel word soos nodig, volgens die riglyne van koste-effektiewe verkryging en omsigtige gebruik by alle staatsgesondheidsgeriewe.