Krieket: Vreugde oor Markram as T20-kaptein

Krieket: Die nuwe hoofafrigter van die Proteas se witbal-spanne, Rob Walter, is opgewonde om die toets-aanvangskolwer, Aiden Markram, as kaptein van die T20-groep te hê. Die veelsydige speler isas die nuwe leier in die spel se kortste formaat bevestig. Die aanstelling van Markram is wyd verwag nadat hy die Sunrisers Eastern Cape tot die titel gelei het in die eerste SA20. Walter sê Markram het geweldig gegroei sedert hy vyf jaar gelede die Proteas se eendagspan in ‘n reeks teen Indië aangevoer het.