Iranse leier veroordeel vergiftiging van meisies

Iran se opper-leier, Ayatollah Ali Khamenei, sê die vermoedelike vergiftiging van skoolmeisies is ‘n onvergeeflike misdaad wat die maksimum straf vereis. Owerhede het bevestig dat meer as eenduisend meisies by meer as 50 skole in 21 van Iran se 30 provinsies sedert November verlede jaar vergiftig is. Die Ayatollah Ali Khamenei sê daar sal geen kwytskelding wees vir diegene wat as oortreders geïdentifiseer en skuldig bevind word nie. Die land se regbankhoof het gewaarsku dat enigiemand wat by die misdaad betrokke is, die aanklag van korrupsie op aarde in die gesig kan staar, wat met die dood strafbaar is.