Tennis: Nadal gaan nie meer in top-10 wees

Tennis: Oor twee weke is dit die einde van ʼn era wanneer die Spaanse legende, Rafel Nadal, die eerste keer in 18 jaar buite die top-10 sal wees. ʼn Beenbesering hou hom sedert die Australiese Ope in Januarie van die baan en hy moes aan die Indian Wells-toernooi onttrek. Die Amerikaner Taylor Fritz gaan minstens die 10de speler met meer punte op die ranglys as Nadal wees nadat hy die halfeindronde in Acapulco bereik het. Nadal het op 25 April 2005 op die ouderdom van 18 die eerste keer die top 10 gehaal.