Man wat susterskind glo vasketting, gaan skuldig pleit

Die 51-jarige Joseph Shivute wat daarvan aangekla word dat hy sy 15-jarige susterskind fisiek aangerand het voordat hy ‘n ketting om haar nek gesit en dit met ‘n slot by die Onekaku-nedersetting in die Oshikoto-streek gesluit het, het vandag in die Ondangwa-landdroshof verskyn. Landdros Ivette-Levien Fredericks het borgtog aan die beskuldigde geweier. Shivute het aangedui dat hy sal skuldig pleit en homself verdedig. Sy saak is tot 16 Maart uitgestel.