Napso-atletiek vind die naweek op Keetmanshoop plaas

Die Nasionale Privaatskole-organisasie se Napso Coke/Standard Bank nasionale atletiekbyeenkoms vind die naweek op die Keetmanshoop-stadion plaas. Die byeenkoms word jaarliks aangebied en vanaf 2023 op ‘n rotasiebasis om verskillende skole die geleentheid te bied om gasheer vir die byeenkoms te wees. Vanjaar is dit Keetmanshoop Privaatskool se beurt. Alle Napso-geaffilieerde skole kan deelneem. Tans is 1 000 atlete van 16 skole ingeskryf. Uit hierdie groep atlete word ‘n Napso-span gekies wat later vanjaar in Suid-Afrika gaan deelneem. ‘n Lid van die reëlingspan, Patrys Mostert het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…