Helen Suzman-stigting: Cyril moet Zondo-verslag volg  

Die Helen Suzman-stigting maan teen die aanwysing van begunstigdes van staatskaping in die kabinet. President Cyril Ramaphosa sal na verwagting vanaand veranderings aan sy uitvoerende gesag bekend maak. Die stigting se woordvoerder, Ezekiel Kekana, sê die president moet die aanbevelings in die Zondo-kommissie se verslag in werking stel waar dit gaan oor huidige ministers en adjunkministers wat by staatskaping betrek word.