Politieke kenner: Kabinetskommeling bepaal ANC se toekoms

‘n Politieke ontleder in die buurland, John Molepo, sê President Cyril Ramaphosa se verwagte kabinetskommeling vanaand sal bepaal of die ANC ná 2024 aan bewind sal wees. Die huidige kabinet bestaan uit 28 ministers en adjunkministers. Ramaphosa sal na verwagting ‘n nuwe adjunkpresident en ministers van elektrisiteit, vervoer en die staatsdiens en administrasie aanwys. Molepo sê die aangestelde ministers kan bepaal of die ANC ná die algemene verkiesing volgende jaar sal regeer. Hy sê die President moet geen ministers aanwys wat verbind is aan skandale nie.