Eksamenregistrasie vir deeltydse leerders verleng

Die Namibiese graad 11- en 12-uitslae van verlede jaar was beroerd en het ‘n groot herrie in onderwysgeledere veroorsaak. Die Namibiese onderwysministerie het die registrasie-sperdatum vir die eksamen vir deeltydse leerders in graad 11 en 12 met nog ‘n week verleng tot 10 Maart. Hierdie eksamens is vir kandidate wat hul nasionale uitslae op ‘n deeltydse basis wil verbeter.