ATM eis Ramaphosa se bedanking

Die African Transformation Movement eis President Cyril Ramaphosa moet bedank na aanleiding van inligting van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens oor die geld wat op sy plaas, Phala Phala, in Limpopo gesteel is. Die leier van die DA, John Steenhuisen, het die inligting by die SAID gekry na ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. Die ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê die jongste nuus regverdig die mosie om Ramaphosa te verwyder omdat hy sy ampseed geskend het.