Kenia fokus op sonkrag-energie in afgeleë gebiede

Kenia bou 136 sonkrag-aangedrewe mini-netwerke in afgeleë gebiede wat die nasionale kragnetwerk nie bedien nie. Dit volg namate sonkrag, wat nie deel van die netwerk is nie, momentum opbou in Afrika vir huise wat nie toegang het tot hoofstroom-kragnetwerke het nie. Kenia se minister van energie, Davis Chirchir, het tydens ‘n vergadering wat die Wêreldbank oor son-energie borg, gesê die nuwe sonkrag-mini-netwerke is deel van ‘n program ter waarde van 2,7 miljard Namibiese dollar wat deur die Wêreldbank befonds word. Chirchir sê die regering het befondsing van ontwikkelingsvennote bekom om die diesel-aangedrewe eenhede te verskuif na goedkoper en meer volhoubare bronne.