Rugby: Blitsbokke speel oor drie weke in Hongkong

Rugby: Alle hoop wat die Springbok Sewes het om outomaties vir aanstaande jaar se Olimpiese Spele in Parys te kwalifiseer, is besig om te taan na ʼn rampspoedige Noord-Amerikaanse skof van die wêreldreeks. Hulle het van tweede na sewende op die punteleer teruggesak met net die eerste vier wat nie hoef te kwalifiseer nie. Afrigter Sandile Ngcobo sê verskeie spelers het nie aan die verwagtinge voldoen in Los Angeles en Vancouver nie.

Oor drie weke in Hongkong speel Suid-Afrika in ʼn baie moeilike groep teen Ierland, Nieu-Seeland en Kenia.