HAN: Namibië word deur toeriste as veilig geag

Misdaadaanvalle op internasionale toeriste in Namibië berokken die beeld van toerisme-sektor reuse-skade. Namibië word as een van die veiligste lande in Afrika geag. Die Namibiese polisie het ook ‘n spesiale toerisme-eenheid op die been gebring om toeriste te beskerm. In die mees onlangse voorval het drie vermeende gewapende rowers buitelandse toeriste by die Quiver Tree Lodge buite Keetmanshoop aangeval, aangehou en beroof. Die slagoffers is ‘n 39-jarige Ierse man en 37-jarige Britse vrou. Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië sê aan Kosmos 94.1 Nuus die veiligheid van almal moet te alle tye in die land beskerm word.