SA handelsminister as parlementslid ingehuldig

Die Suid-Afrikaanse minister van handel, nywerheid en mededinging, Ebrahim Patel, is vandag as parlementslid ingehuldig, enkele ure voor president Cyril Ramaphosa se verwagte kabinetskommeling. Hy het die afgelope vier jaar as minister gedien sonder om ‘n parlementslid te wees. Kenners sê dit bied Ramaphosa meer buigsaamheid om sy uitvoerende gesag te verander, aangesien wetgewing hom toelaat om twee ministers wat nie parlementslede is nie in sy kabinet aan te stel. Ramaphosa moet ‘n nuwe adjunkpresident en ministers van vervoer, elektrisiteit en die staatsdiens en administrasie aanwys.