Rugby: Blitsbokke val tot sewende plek

Rugby: Suid-Afrika het teruggesak tot sewende in die Wêreld-sewesreeks na nog ‘n teleurstellende naweek wat gevolg het op die swak vertoning in Los Angeles. Die Blitsbokke kon in Vancouver, Kanada, slegs in die 13de plek eindig nadat hulle nie eens die groepfase kon oorleef nie. Hulle het die toernooi die afgelope vyf jaar drie keer gewen en was voor die toernooi tweede op die punteleer. Die verdedigende kampioen, Argentinië, het die gouemedalje verower toe hulle Frankryk in die eindstryd 33-21 geklop het, en Australië het die bronsmedalje ingepalm.