Nampol soek na aanvallers van Swakop-bejaarde

Die Namibiese polisie in die Erongo-streek is op soek na drie onbekende verdagtes wat ‘n 82-jarige inwoner van Swakopmund aangerand, vasgebind en beroof het. Volgens die Erongo-polisie se bevelvoerder van gemeenskapsake, inspekteur Ileni Shapumba, het die verdagtes met verskeie jaggewere en handwapens, ‘n selfoon en die slagoffer se voertuig op die vlug geslaan. Die grys-blou Mercedes Benz met registrasienommer N3MA is later verlate in die kusdorp se DRC-informele nedersetting gevind. Shapumba doen ‘n beroep op die publiek om Nampol met inligting te help om die verdagtes vas te trek.