Gholf: Kurt Kitayama stuit Rory McIlroy

Gholf: Die Amerikaner Kurt Kitayama het sy eerste PGA-toernooi-oorwinning behaal by die Arnold Palmer-uitnodigings-byeenkoms op die Bay Hill-baan in Florida. Hy het op die 17de putjie ‘n voëltjie geslaan en nege-onder bereik, en het toe baansyfer gespeel op die laaste putjie. Sy uitdager Rory McIlroy het die oorwinning met een hou misgeloop. Die Noord-Ier het gelykop tweede geëindig saam met die Amerikaner Harris English. Kitayama is nou die eerste speler sedert Robert Gamez in 1990, wat met sy debuut ‘n toernooi wen.