Oudgoewerneur van Maryland maan teen Trump

Die gewese goewerneur van Maryland, Larry Hogan, het Republikeine wat Donald Trump weer vir President wil benoem, gewaarsku dat dit ‘n ramp sal wees. Hogan het aangekondig dat hy hom nie vir die Republikeinse benoemings vir 2024 beskikbaar sal stel nie en het erken dat sy deelname die primêre stemme sal verdeel, wat Trump kan help om die benoeming te wen, soos in 2016. Hogan sê die Republikeinse kiesers is ontneem van ‘n behoorlike debat oor waarvoor die party werklik staan – buiten lojaliteit aan Trump.