Ruby: Hurricanes-kaptein voor tugkomitee

Rugby: Die Hurricanes se kaptein, Ardie Savea, sal verwagting vandag voor ‘n hersieningskomitee vir vuilspel verskyn. Die All Black-ster het glo ‘n keelafsny-teken teen ‘n teenstander gemaak. Hy het sy duim oor sy keel laat gly tydens ‘n argument met die Suid-Afrikaans-gebore skrumskakel Ryan Louwrens van die Rebels. Dit het gebeur net na hy ‘n geelkaart tydens ‘n wedstryd in Melbourne gekry het. Die 29-jarige het later om verskoning gevra en gesê as ‘n rolmodel is hy spyt oor die voorval wat die Hurricanes se oorwinning van 39-33 oorskadu het.