SA staatsdiensvakbond gaan voort met staking

Die buurland se gesondheid- en onderwysvakbond, Nehawu, sê staatsdienswerkers sal vandag voortgaan met hul staking soos beplan. Dit volg ondanks die interdik wat die departement van die staatsdiens en administrasie teen die staking bekom het. Die vakbond eis salarisverhogings hoër as inflasie vir die 2022/2023-boekjaar. Die woordvoerder van Nehawu, Lwazi Nkolonzi, sê hulle het aansoek gedoen om verlof tot appèl teen die interdik en daarom word hulle hul lede toegelaat om te staak soos beplan, totdat die hof oor die aansoek beslis.