Kommer oor gewelddadige betogings van SA studente

Die Suid-Afrikaanse minister van hoër onderwys en opleiding, Blade Nzimande, het sy kommer uitgespreek oor die gewelddadigheid van die studente se betogings by sommige van die land se universiteite, insluitend die Universiteit van die Witwatersrand. Ná onderonsies met die polisie en sekerheidswagte en die vernietiging van eiendom, het Nzimande in ‘n verklaring gesê dit is totaal onaanvaarbaar en bied geen oplossings vir studente se griewe nie. Hoewel Wits-studente vandag hul protes oor uitsluiting en ‘n gebrek aan befondsing voortsit, het Nzimande alle studente aangemoedig om na hul klasse terug te keer.