Nuwe Britse wette om onwettige migrasie te takel

Die Britse eerste minister Rishi Sunak gaan nuwe wette aankondig wat sal keer dat mense op klein bootjies in die Verenigde Koninkryk aankom en op asiel aandring. Dit is deel van die regering se plan om onwettige migrasie aan te pak. ‘n Totaal van 45 755 migrante het verlede jaar die Engelse Kanaal na Brittanje oorgesteek. Die asielsoekers het uit verskeie lande gekom, waaronder Albanië, Iran, Irak, Afghanistan en Sirië. Sunak sê onwettige migrasie is onregverdig teenoor Britse belastingbetalers en mense wat wettig die land binnekom.