Vermeende smokkelaar van ietermagôvel bly in aanhouding

Die 30-jarige man wat by ‘n vulstasie op Otjiwarongo in hegtenis is geneem nadat hy glo in besit gevind is van ‘n ietermagôvel, bly in aahouding. Joseph Iyambo het voor landdros Peingondjabi Shipo op klagte van die besit en handel in beheerde wildprodukte sonder ’n permit in die landdroshof verskyn. Shipo se inhegtenisneming was intelligensie-gedrewe. Volgens die staatsaanklaer Eva Amutwe het die beskuldigde van Walvisbaai na Otjiwarongo gereis, waar hy van plan was om die vel aan ‘n plaaslike sakeman vir 6 000 Namibiese dollar te verkoop. Die saak is tot 10 Mei vir verdere polisieondersoek uitgestel.