Afrika ly weens onveiligheid in verskeie lande

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, sê die Afrika-vasteland ly weens onstabiliteit en onveiligheid in verskeie lande. Pandor het op ‘n besoek aan die Indiese hoofstad Nieu Delhi gepraat waar sy die vergadering van die G20-ministers van buitelandse sake en die Raisina Dialogue-konferensie bygewoon het. Sy sê onveiligheid en konflik maak ontwikkeling onmoontlik. Afrika sal op ontwikkeling kan fokus as dit uit die weg geruim is.