Oorgrens-misdaad tussen SA en Lesotho getakel

Oorgrens-misdaad tussen Lesotho en Suid-Afrika is ‘n reuse-uitdaging. Die Suid-Afrikaanse minister van Polisie, Bheki Cele, sê die regering sal volhard in sy navolging van veiligheid en geregtigheid oor sy grense. Hy is vasberade om nie toe te laat dat misdadigers tussen Lesotho en Suid-Afrika vrylik beweeg nie. Cele het by bilaterale sekerheid-samesprekings tussen die twee lande in Maseru gepraat. Hy sê albei lande het ingestem om gesamentlike polisiërings-operasies uit te voer ten einde beter misdaad-opsporing en indringing van misdaadbendes moontlik te maak.