Soedanse President dank twee ministers af

Die President van Suid-Soedan, Salva Kiir, het twee ministers afgedank. Die afdankings word deur sommige belanghebbendes as minagting van ‘n vredesooreenkoms met opposisiepartye beskou. Die afdankings van die minister van verdediging, Angelina Teny, en die minister van binnelandse sake, Mahmoud Solomon, is op staatstelevisie aangekondig. Teny is glo getroud met een van Kiir se grootste teenstanders. Skaars ‘n maand gelede, het Pous Franciskus en ander kerkleiers die land besoek, en Kiir en ander politieke leiers het hulle verbind tot vrede. Daar is kommer dat die afdankings spanning kan verhoog.