Sokker: Mamelodi Sundowns steeds voorloper

Sokker: In die buurland het Kaizer Chiefs tot die vierde plek op die plaaslike premierskaps-punteleer geklim, danksy ‘n 1-0-sege oor Richards Bay FC. Chiefs en Orlando Pirates het nou albei 34 punte op die punte-tabel, maar Pirates is danksy ‘n beter doel-gemiddeld derde. Supersport United is tweede met 36 punte, terwyl Mamelodi Sundowns steeds gerieflik in die eerste plek is, met 55 punte.