SA Mensregtekommissie skors waarnemende hoof

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het sy waarnemende uitvoerende hoof, Chantal Kisoon, geskors, hangende die uitslag van ‘n ondersoek na bewerings dat sy rassistiese opmerkings teenoor kollegas gemaak het. News24 het voorheen berig Kisoon het na bewering tydens ‘n vergadering verlede maand na senior SAMRK-bestuurders as swart babas verwys. Die EFF het toe geëis sy moet bedank. Die kommissie sê die saak word nou onafhanklik ondersoek.