DA: Tshwane kan nie nuwe burgemeester en sy speelgoed bekostig
Die DA in Gauteng sê die Stad Tshwane se nuutverkose burgemeester, Murunwa Makwarela, het nie gras onder sy voete laat groei om byvoordele en luukshede vir homself op te eis nie. Dit word erger gemaak deur die realiteit dat inwoners van Tswhane dit eenvoudig nie kan bekostig nie. Die DA-raadslid, Jacqui Uys, sê na wat berig word het Makwarela, wat hulle as ‘n marionet van die ANC en EFF beskou, minstens vier amptelike voertuie en agt lyfwagte aangevra.