Siek Esau se borgaansoek wéér uitgestel 

Die borgtog-aansoek van die twee Fishrot-beskuldigdes, die voormalige minister van visserye, Bernhardt Esau, en Nigel van Wyk, die assistent van die oud-justisieminister Sacky Shangala, is vandag weer ‘n keer in die Windhoekse hoërhof uitgestel weens kommer oor Esau se gesondheid. Sy regsverteenwoordiger Florian Beukes het aan regter David Munsu gesê Esau is swak, en kon nie behoorlike instruksies aan hom gee nie. Reëlings is getref dat Esau na ‘n dokter of hospitaal geneem word.