Bulle vereer Morné Steyn met ‘n bonusjaar

Rugby: Die Bulle het hul Springbok-staatmaker, Morné Steyn, vereer met ‘n bonusjaar in sy laaste seisoen vir die Pretoriase unie. Die losskakel het sedert 2003, 14 seisoene vir die unie gespeel. Steyn sal in hierdie bonusjaar een Suid-Afrikaanse rand ontvang van elke kaartjie wat vir ‘n wedstryd op Loftus verkoop word. Die Blou Bulle se uitvoerende hoof, Edgar Rathbone, sê Steyn was ‘n uitstekende voorbeeld van ware professionalisme en toewyding wat sportvermaak geïnspireer, vermaak en herdefinieer het. Die 38-jarige Bok se kontrak met die unie verstryk einde Junie.