Hoë reënval in Januarie, maar net in sekere Namibiese streke
Gedurende Januarie is hoë reënval oor die streke van Kunene, Omusati, Oshana, Ohangwena, Oshikoto, Kavango-Wes- en Oos- en Zambezi-streke aangeteken wat die Januarie langtermyn gemiddelde oorskry het. Volgens die Metereologiese Dienste van Namibië is reënval van meer as 80 millimeter per dag in Januarie by ‘n paar stasies in die Noorde waargeneem. Outapi het 280 persent en Eenhana 200 persent meer as hul gemiddelde reënval in die maand gekry. Die grootste deel van die streke van Karas, Hardap, Erongo, westelike Kunene en oostelike Omaheke het onder-gemiddelde reënval ontvang. Etanga in die Kunene-streek het 100 persent minder reënval van hul gemiddeld vir Januarie ontvang.