Geingob praat met Ethopian Airlines oor herlewing van nasionale lugredery
Binne die konteks van pogings om ‘n nasionale lugredery in Namibië te laat herleef, het President Hage Geingob in Addis Abeba, Ethiopië, ook vergaderings met die voorsitter, Girma Wake, en die uitvoerende hoof, Mesfin Tasew, van Ethiopian Airlines gehou om maniere van samewerking in Namibië se pogings om ‘n nasionale lugredery te laat herleef, te bespreek. Die President sê selfs al het Swapo opdrag gegee vir die vestiging van ‘n nasionale lugdiens, moet die kwessie eers voor die Namibiese kabinet ter tafel gelê word vir besluite en vir die bedryf van ‘n nasionale lugdiens. Die voorsitter van die Black Business Leadership Network of Namibia Eliphas Simon sê aan Kosmos 94.1 Nuus het hy meer vrae as antwoorde.