Ramaphosa: Konflik in DRK is humanitêre katastrofe
Die buurland se President Cyril Ramaphosa het hom vir die eerste keer sterk uitgespreek oor die situasie in die oostelike deel van die Demokratiese Republiek die Kongo. Miljoene is ontwortel en duisende is dood in uitgerekte konflik oor baie jare tussen regeringsmagte en die M23-rebelle in die streek. Ramaphosa het in sy openingstoespraak as voorsitter van die Afrika-unie se Vredes- en Veiligheidsraad gesê die onstabiele situasie het te lank voortgeduur en is onhoudbaar. Hy het die situasie in die oostelike deel van die DRK as ‘n humanitêre katastrofe en ‘n gruwelike skending van menseregte beskryf.