Cele: Afname in kapings en bankrooftogte
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê die doel van die bekendmaking van misdaadstatistiek is om die polisie se prestasie in die handhawing van openbare orde en wetstoepassing te evalueer. Die derde kwartaal se statistiek toon misdaad is steeds ‘n beduidende probleem, maar sigbare wetstoepassing en ontwrigtende operasies het wel gehelp om misdadige bedrywighede te verminder. Cele het ‘n beroep op gemeenskappe gedoen om misdaad pro-aktief te bekamp en vennootskappe met wetstoepassing te vorm. Hy het ‘n afname in transito-rooftogte, kapings en bankrooftogte aangekondig, wat hy toeskryf aan verhoogde polisie-sigbaarheid