Amushelelo aangekla – verskyn vandag
Michael Amushelelo se prokureur Kadhila Amoomo het bevestig dat sy kliënt wel aangekla is maar, het nie die klagte bekend gemaak nie. Amushelelo is Woensdagmiddag in hegtenis geneem tydens die onwettige staking van skoonmakers by Stad Windhoek. Hulle het in die hoofstad amok gemaak en asdromme omgegooi en rommel gestrooi. Daar was verwag dat Amushelelo Donderdag sou verskyn maar, dit het nie gebeur nie. Hy is steeds in aanhouding. Die staat mag nie gedurende die week ‘n verdagte arresteer en vir langer as 24 uur aanhou sonder dat hy aangekla word nie. Amushelelo sal dus vandag in die hof moet verskyn.