Na skorsing moet ondersoek na Hotspurs-borgskap gelas word

Die DA sê die parlementêre portefeuljekomitee vir Toerisme moet dringend met ‘n ondersoek na die omstrede Tottenham Hotspur-borgskap begin. Dit volg nadat SA Toerisme se waarnemende finansiële hoof, Johan van der Walt, ‘n kennisgewing ontvang het dat hy geskors word. Daar word berig Van der Walt het erken dat hy bande het met ‘n agentskap wat uit dié ooreenkoms meer as 30 miljoenSuid-Afrikaanse rand van SA Toerisme sou ontvang. Manny de Freitas van die DA sê dit lyk asof daar nog baie geheime inligting is wat openbaar gemaak moet word: