Formule E bring groot belegging vir Kaapstad
Die Stad Kaapstad sê hy verwelkom die direkte en indirekte ekonomiese inspuiting van 2,13 miljard Suid-Afrikaanse rand wat die ABB FIA Formule E-kampioenskap in die eerste jaar gegenereer het. Kaapstad is volgende week Saterdag die gasheer vir Formule E, die wêreld se eerste ten volle elektriese straatwedrenreeks. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê hulle is opgewonde om só ‘n groot sportgeleentheid aan te bied, want die vraag na ‘n groen, meer veerkragtige toekoms was nog nooit groter nie: