Omaheke besoek Zim, wil spilpunt van suiwel word

Die Omaheke-streek streef daarna om die land se suiwelbedryf van totale ineenstorting te red. Dit is volgens die streekgoewerneur, Pijoo Nganate, wat sê dat die streek een van die spilpunte vir suiwelprodukte kan wees te midde van pogings om selfonderhoudend te word en meer werk te skep. Nganate sê hy het ‘n feitesending na die buurland Zimbabwe onderneem wat suksesvol in die suiwelbedryf is en hulle is bereid om te help.