Kommer oor seevlakke wat te vinnig styg
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die impak van stygende seevlakke skep reeds nuwe bronne van onbestendigheid en konflik. Data wat onlangs deur die wêreld se weerkundige organisasie vrygestel is, toon die wêreld se gemiddelde seevlakke het sedert 1900 vinniger gestyg as in enige ander eeu die afgelope 3 000. Guterres het die VN-veiligheidsraad toegespreek en hy beskryf die stygende seevlakke as ‘n bedreiging wat ook toegang tot water, voedsel en gesondheidsorg raak: