Nog reaksie op vlootoefeninge tussen China, Rusland en SA

Die Oekraïnse Vereniging van Suid-Afrika sê dis jammer dat Suid-Afrika gekies het om die Russiese Federasie uit te nooi om aan oorlogspeletjies deel te neem, te midde van Moskou se inval in Kiëf. Die Russies fregat, Admiral Gorshkov, het Maandag die Kaapstadse hawe binne gevaar ter voorbereiding van Oefening Mosi die Tweede. Die vlootoefening van tien dae saam met Suid-Afrika en China begin Vrydag aan die kus van KwaZulu-Natal. Die vereniging sê hierdie oorlogspeletjies is ‘n teken dat Suid-Afrika nie meer neutraal is nie.