Steve Hofmeyr sê hy sal nooit weer aan boord van MSC-skip gaan

Die omstrede Afrikaanse sanger, Steve Hofmeyr, onderneem hy sal nooit weer aan boord van enige skip van MSC gaan nie nadat sy optrede tydens ‘n vaart gekanselleer is. Hy sou aan die Kappityt-fees deelneem aan boord die MSC Sinfonia wat tussen Kaapstad en Namibië vaar, maar het op sosiale media aangekondig dit sal nie meer gebeur nie. Thango Gombiza van MSC sê Hofmeyr se deelname is deur ‘n onafhanklike derde party gereël maar is deur die organiseerder van die tema-vaart gekanselleer in ooreenstemming met die kontrak wat nakoming van MSC se waardes en standaarde vereis.