Konstruksiebedryf-federasie veg steeds om konstruksieraad te vestig

Die Konstruksiebedryf-federasie van Namibië poog sedert 2006 om ‘n nasionale konstruksieraad te stig, maar die poging is by die parlement in sy spore gestuit. Die hoof uitvoerende beampte van die federasie, Bärbel Kirchner, sê daar moet regtig toegesien word dat hierdie proses deur die parlement gaan. Terselfdertyd heers daar kommer dat die konstruksiebedryf nie baie goed presteer nie met talle buitelandse betrokkenheid by die bedryf wat plaaslike kontrakteurs raak. Verteenwoordigers van die federasie het met die PDM-leier McHenry Venaani vergader om ‘n voorgestelde wetsontwerp te bespoedig wat sal toelaat dat die bedryf deur ‘n konstruksieraad gereguleer word. Kirchner het haar frustrasies aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik…