Van die onwettige heinings by Tsumkwe verwyder

Die Namibiese landbouministerie sê hy het ondersoek gedoen na die bewerings van onwettige heinings in Tsumkwe en 137 onwettige heinings geïdentifiseer. Tot op hede is 57 onwettige heinings verwyder. ‘n Bedrag van 349 407 Namibiese dollar is bestee om onwettige heinings van 158 kilometer in die omgewing van Tsumkwe te verwyder. Die landbouministerie, in oorleg met Otjozondjupa Kommunale Grondraad en die ministerie van justisie, werk steeds aan die verwydering van die oorblywende 42 onwettige heinings in dieselfde gebied. Volgens die woordvoerder van die landbouministerie Jona Musheko is 34 mense aangesê om hul onwettige heinings op hul eie koste te verwyder.