SME’s kry uiteindelik voorkeur in voedseltender

Die Direktoraat van Ramprisiko-bestuur het uiters goed gereageer op ‘n openbare tender vir kookolie en soja-maalvleis. Die direktoraat het gevra dat SME’s tenders indien vir verskaffing van die produkte aan die Kunene-, Omusati- en Erongo-streke vir hulp aan droogte-geteisterde gemeenskappe. Vyftig uit die 61 bieërs was SME’s en hulle het voorkeur ontvang. ‘n Totaal van 37 maatskappy het vir die kookolie gebie met bedrae wat tussen 2,67 en 5,93 miljoen Namibiese dollar gekwoteer is. Daar was 24 tenders vir die verskaffing van soja met pryse wat tussen 3,13 miljoen Namibiese dollar tot 14,44 miljoen dollar gewissel het. Groter maatskappye wat getender het, is nie op die aanbod gelys nie. Die direktoraat het voorkeur gegee aan die SME’s en ‘n besluit sal binnekort gemaak word oor die wenbod. Kenners meen indien SME’s tenders kry, kan werk geskep word.