Chariots of Fire-regisseur sterf

Die regisseur van Chariots of Fire, Hugh Hudson, is in Londen in die ouderdom van 86 oorlede. ‘n Verklaring namens sy familie lui hy is na ‘n kort siekbed dood. Hudson se rolprent van 1981, met akteurs Ian Charleson, Ben Cross en Nigel Havers, het vier Oscars ingepalm, wat beste rolprent insluit. Die oorspronklike musiek is ook bekroon as beste klankbaan vir die werk van die Griekse komponis, Jon Vangelis.