Google verloor US$100 miljard na Bard ‘n fout maak

Alphabet wat Google besit, het 100 miljard Amerikaanse dollar in markwaarde verloor nadat sy nuwe kletsbot onakkurate inligting in ‘n promosievideo gedeel het. Alfabet-aandele het tydens verhandeling met soveel as 9 persent gedaal. Die kletsbot Bard, wat Maandag van stapel gestuur is het gesê dat die James Webb-teleskoop die eerste foto’s van ekso-planete, die buite ons sonnestelsel, geneem het maar, dit was die Europese-waarnemingstasie.