Stropery: ISAP doen beroep op die wat inligting het om na vore te tree
Intelligence Support Against Poaching, bekend as ISAP, doen ‘n beroep op lede van die publiek om na vore te kom indien hulle inligting het oor stropery. Veral renosters wek kommer met 93 persent meer renosters wat in 2022 gestroop is teenoor die vorige jaar. Fritz Kaufmann, ISAP-stigter, sê inligting word konfidensieel hanteer.